Ek en Stephan het ‘n ongelooflike wittebrood in Mosambiek gehad. Dit was sowaar idillies! Ons het by Flamingo Bay tuisgegaan. Dis een van die gesogste wittebrood bestemmings in Mosambiek. Die chalets staan in ‘n gety meer (tidal lake) met hout paadjies wat al die chalets met die hoof lodge verbind. Dit is pragtig daar! Ons het onder andere perd gery, op die oop see met boot gaan seelewe besigtig en net lekker op die strand gesit.
Hier is so paar kiekies oor ons avontuur van ‘n leeftyd.
Die sonsondergang was elke aand verruklik mooi.
So reg uit die perd se bek...
Friday, October 12, 2012
Troue 8 Oktober 2011
Ek is die 8ste Oktober verlede jaar getroud. Dit is al sowaar ‘n jaar gelede! Ek het so lanklaas geblog – die dat ek nog nooit oor hierdie spesiale dag geskryf het nie. Om te trou is nie perde koop nie.
Ons het op 13 Augustus 2010 verloof geraak nadat ons vir sewe jaar al ‘n paartjie is. Dit was omtrent ‘n verrassing! Stephan het ongelooflike moeite gedoen om dit vir my spesiaal te maak. Hy het my kom oplaai by my ouers se huis en ons sou by sy ma gaan kuier het. Toe ek by die huis kom, stap ek in hierdie pragtige vertrek in: dis net ligpienk (die hele sitkamer was gedrapeer met pienk organza) waar jy kyk en feetjie liggies en blomme hang uit die dak uit. Toe besef ek hier kom ‘n ding... Die ding was toe die mooiste mooi diamantring wat Stephan aan my vinger sit. Dit was ‘n baie spesiale heerlike aand. Later het my ouers en broer opgedaag en ons almal het lekker saam geëet.
Troue beplan is waaragtig nie eenvoudig nie- veral as mens nie kan besluit wat jy wil hê nie. Ek het die hele tyd geweet daar sou donker pers betrokke wees, want dit is so statige ryk kleur en vertoon baie mooi by deftige geleenthede. Die idees het my gedagtes baie lank ontduik tot ek 2011 se Sarie Bruid in die hande kry. Daar sien ek toe ‘n troue in pers en rooi- dit was so treffend en dramaties! Ek het toe dadelik geweet dis wat ek wou hê.
Ek het geweet hoe ek my rok wou hê: dit moet modern wees en tog bietjie ou-wêreldse sjarme hê. Ek het die internet elke dag besoek en gesoek na die ideale voorbeeld. So gaan ek toe met vyf prentjies na Tannie Julie toe. Sy kyk hulle een vir een en sê toe vir my: “Wag so bietjie..” en verdwyn in haar kamertjie vol asemrowende skeppings in. Toe sy uitkom met die eerste rok het ek geweet: daai ene is myne! Dit was toe ook so. Ek was dadelik verlief op die rok en dit het soos ‘n handskoen gepas. Kan mens nou so gelukkig wees?
Die week voor die troue was omtrent ‘n gejaag. Nou moet ‘n jaar se beplanning uiteindelik bymekaar kom. Ek sal my ma en pa altyd dankbaar wees vir die ongelooflike mooi troue wat ek gehad het. My ma het haarself oortref (soos ‘n super-mom mos altyd doen): sy het my geduldig gevat vir skoene, rokpassings, weer nuwe skoene, die maak van ons kaartjies, tafelplanne en nog vele meer. Ek is haar ewig dankbaar vir al die moeite.
Die groot dag het soos ‘n oogwink gevlieg. Van hare tot aantrek, kerk, seremonie, foto’s en die onthaal was ‘n sukses en baie mooi. Teen die einde van die aand was ek poot-uit en my voete was bitter seer van die skoene wat ek gedra het. Ons het daarna na die gastehuis vertrek waar ons oornag het en die volgende dag na Johannesburg gery. Ons het van Johannesburg na Mosambiek gevlieg vir ‘n onvergeetlike wittebrood.
Ek kan die Here net loof vir Sy groot genade en guns. Hy het vir my en Stephan bymekaar gevoeg- die Here maak nooit foute nie.
Ek sluit die post af met Koos du Plessis se gebed wat tydens die seremonie gesing is.
Laat my nooit die grond verlaat nie.
Laat my in U skadu bly.
Gee dat elke aardse vreugde en vrees,
eindelik nietig word vir my.
Elke afdraai paadjie ken ek.
Elke keer het ek verdwaal.
Elke keer het u my iewers kom haal.
Maak dit Heer, die laaste maal.
Elke dag is ‘n gedagte.
Elke kamer net gehuur.
Elke aardse droom van rykdom en roem,
net ‘n skadu teen die muur.
Wat ek is, is net genade.
Wat ek het, is net geleen.
Eintlik smag ek na U waters van rus.
Lei my Heer vanaand daarheen.
Storieboeke, Storieboek karakters en Skrywers

Ek sit vandag en dink aan al die mooi storieboeke wat ek al gelees het. Ek is mos nou maar net 'n sucker vir 'n mooi verhaal. Menslike verhale: foute, spyte, vreugdes en drome. Elke mens het al hierdie goed beleef.
Om terug te kom by storieboek karakters. Wat as hulle net vir een dag werklik kon word? Wie sal jy graag wil ontmoet en hoekom?
Ek sal eerstens vir Lizzy Bennet van Pride and Predjudice wil ontmoet. Hoekom? Sy is absoluut die coolste meisie in letterkunde! Sy het nie net getrou vir geld nie. En liefde is vir haar die belangrikste aspek in die huwelik. En toe slaan sy die jackpot met Mr Darcy!! En dan ook die aantreklike Mr Darcy. Ek het die jaar 'n boek gelees wat Pride and Prejudice vertel, maar uit Darcy se perspektief as hoofkarakter. Die boek is Darcy's Story deur Janet Aylmer. Dit is so 'n vars alternatief en Pride and Prejudice fans sal die boek baie waardeer! Emma van Emma is ook nie baie ver agter Lizzie Bennet nie!
Tweedens sal ek vir Noah en Ellie van The Notebook wil ontmoet. Hulle is 'n ongelooflike paartjie- maak nie saak hoe swaar die omstandighede nie- hulle is mekaar se enigste.
Ek sal ook graag die skryfster Jane Austen wil ontmoet. Sy het geglo vroue kan leef van hulle eie geld, hul trou nie net vir geld nie, maar vir liefde.
Desember verlede jaar het ek die Hunger Games reeks van Suzanne Collins gelees. Dis was aan die begin vreemd, maar die verhaal het my baie gou ingetrek en vreeslik fassineer. Katniss Everdeen is sowaar 'n karakter wat ek nie sommer sal vergeet nie. Sy is dapper en laat nie toe dat die Capitol haar onder kry nie. Sy het tog ook deernis vir haar medemens soos gesien uit haar vriendskap met Rue in die arena gedurende die spele. Hierdie reeks het my baie laat dink (omtrent alle boeke laat my dink, al is die estetiese funksie van literatuur nie om die samelewing noodwendig 'n les te leer nie). Ek het nog soveel om voor dankbaar te wees, ons leef soos konings teen die inwoners van Distrik 12. Ek waardeer nou weer my warm bed en heerlike etes wat ek elke dag kan nuttig.
Ek het ook Chris Karstens se Abel-trilogie (Abel se Ontwaking, Abel se Lot en Die Afreis van Abel Lotz) gelees. Hierdie is ook 'n karakter wat ek nie gou sal vergeet nie- al wil ek. Abel is 'n reeksmoordenaar wat wegkom met moord (sover!). Hierdie boeke is boeiend vir die leser wat belangstel in kriminologie of die sielkunde. Alhoewel dit nie 'n sielkunde handboek is nie, kry die leser nogal 'n idee van wat binne in die moordenaar se koppe aangaan. Jy kry so kykie in die werking van hierdie mense se koppe. Ek wil nie vir Abel ontmoet nie, maar hierdie boeke is so fantasties geskryf- ek moes daaroor skryf. Chris Karsten is een van Afrikaans se beste skrywers- en dis nie net ek wat so sê nie. Nie vir die sensitiewe leser nie!
Steve Hofmeyer het vir my nuwe betekenis gekry: as skrywer en nie as sanger nie. Sy boek Verste uur het ek baie geniet en kon nie die boek neersit voor dit klaar was nie. Hier bly die karakters my nie soseer by nie, maar wel die storie self en hoe die boek geskryf is. Ek hou van die wetenskapfiksie element van "time-traveling" gekombineer met musiek geskiedenis. Die wyse waarop die hede (die student wat 'n fisika werkstuk moet doen) vervleg is met die verlede (die professor se briewe aan sy vrou) en die toekoms (hoe die toekoms onherroeplik kon verander deur net een klein "foutjie") asook die musiekgeskiedenis van die komponis. Ek het hierdie boek baie geniet en ek glo Steve kan vir Afrikaanse letterkunde nog 'n baie groot bydra maak.
Ek het ook die jaar (2012) Swartskaap van Odette Schoeman gelees. Sjoe, dit het my regtig aan gegryp. Ek kon nie hierdie boek neersit nie! Die hoofkarakter, Claudie Thompson en haar boeties en sussies leef in haglike toestande. Hulle beleef aaklige, hartseer dinge. Hulle gesinslewe kan mens nie eers oor praat nie (gaan lees die boek anders gee ek die hele storie nou weg!). Maar tog maak Claudie 'n sukses van haar lewe, al is daar wonde en skade aan haar. Sy is ook 'n karakter om te ontmoet!
Die laaste boek of "karakter" wat ek graag sal wil ontmoet, is Lori Smith. Sy het die boek A walk with Jane Austen geskryf. Dit is baie outobiografies, want Lori is die hoofkarakter in haar eie boek. Sy is depressief en ongelukkig en 'n baie groot fan van Jane Austen. Sy besluit om 'n breek te neem en Engeland toe te reis. Daar gaan besoek sy al die plekke waar Jane Austen geleef en gewoon het. Sy vertel ook Jane Austen se geskiedenis. Hierdie boek was vir my baie besonders: Lori se reis om haarself te ontdek deur 'n in-diepte navorsing oor haar gunsteling skryfster. Die boek sal my nog baie lank by bly en 'n moet vir al die Jane Austen Fans.
Die jaar het nog so twee maande oor- dalk kan ek nog so paar onvergeetlike karakters ontmoet in die wonder wêreld van woorde :-)
Merrylegs

Die jaar 2012: Een gevul met kosbare lesse vir die toekoms.
Hierdie jaar was omtrent vir my een van nuwe ervarings. Ek het soveel geleer die jaar en soveel nuwe dinge beleef. Hierdie is ook my eerste huweliksjaar wat soos 'n oogwink verby gegaan het. As ek terugkyk, kan ek die Here se genade so duidelik sien. Ek kan net dankbaar wees vir alles wat Hy vir my skenk en sy groot genade.
Ek is die 8ste Oktober 'n jaar getroud. Wat 'n wonderlike ervaring en belewenis was dit nie? Ek kan met eerlikheid soos Lianie May (of is dit nou Karlien van Jaarsveldt????) uitroep "Daar is niks beter as liefde nie; niks beter as jy..." Gaan lees weer 'n slag 1 Kor 13 en leer hoe die liefde volkome uitgeleef moet word en soos die Here liefde teenoor ons betoon.
Hierdie jaar het ek ook my eerste internasionale konferensie gereël. Dit was omtrent 'n senutergende affêre gewees. Ook was dit 'n kosbare leerskool in organisering, administrasie en die belangrikste van alles: kommunikasie. Ek moes kommunikeer met mense van regoor die hele wêreld via e-pos, telefoon en in lewende lywe. Dit is so lekker om met die registrasieproses gesigte by name te voeg en die konferensiegangers van aangesig tot aangesig te ontmoet. En om nuwe kennisse en vriende te maak. Nog 'n heerlike gevoel is om te sien hoe goed die studente (kollegas) vaar op internasionale vlak deur die toekennings en pryse wat hulle gewen het.
Ek het weer die jaar gehelp met die administrasie en reëlings vir die National Science Week wat by Boyden Sterrewag aangebied is. Nog 'n kosbare les: moet nooit vir ander mense wag om met 'n projek te begin nie, want op die ou einde wag almal vir mekaar en dan is niks gedoen nie. En dan stres almal vir 'n vale! Neem leiding en voer die projek uit na die beste van jou vermoë. Ek sal altyd een van my kollegas se wyse woorde onthou: Do your best and God will do the rest. Vir die wat senuwee wrakke word (soos ekke!!) - onthou hierdie woorde.
So gepraat van stres en senuwees. Ek probeer myself met elke nuwe projek op my tafel wys maak dat stres onnodig is. As jy alles betyds en volgens 'n skedule doen, sal dit goed gaan. Moet nooit op die nippertjie begin nie! Tot so paar dae voor die tyd... dan begin die "wat as dit gebeur", "wat as die nie opdaag nie". Dan moet mens net onthou: Do your best and God will do the rest". Dit is baie makliker gesê as gedaan! 'n Plan B is ook altyd 'n goeie idee met projekte - dinge loop soms buite jou beheer skeef.
Ek is ook betrokke by die nuwe M.Sc graad in Nanoscience. Dit word aangebied in samewerking met UWC, UJ en NMMU. Die affêre is nog in sy kinderskoene, maar dit lyk of dit vinnig baie groot gaan word.
Die jaar was omtrent 'n perd van 'n ander kleur. Soos ek weereens kan sê; die Here was vir my goed en Sy tyd is die beste tyd. Dinge gebeur soos dit moet- en vir 'n rede!
Tot volgende keer

Monday, November 7, 2011
My gunsteling dinge
My gunsteling dinge. Dit is daardie dinge wat jou hart warm laat klop, jou opgewonde maak en wat die lewe lekker en interessant maak. Vandag is ek net lus om weer na te dink oor alles wat my aardse lewe 'n fees maak.
1. My man. Ek is 'n maand gelede (8 Oktober) getroud. Dit is sowaar feeste! Hy is die aantreklikste, dierbaarste man ooit. En ek is baie lief vir hom.
2. My ouers en broer. Julle is die my steunpilare - ek weet nie hoe sou my lewe wees sonder julle nie. Ek is baie lief vir julle.
3. Boeke. Boeke is my hartklop. Ek kan ure na boeke sit en kyk, deur biblioteke en boekwinkels stap en net kyk. Ek versamel boeke- dit is die lekkerste gevoel om 'n nuwe boek te koop en dit by die res van my versameling te gaan pak. Dan voel ek wraggies soos 'n multi-miljoenêr!
4. Franse dekor. Die ouwêreldse gevoel wat Franse meubels en style gee, is vir my onweerstaanbaar en dit spreek werklik tot my siel.
4. Kuns en handwerk. Ek is mal daaroor om my eie skilderye (al is hulle nog nie meesterstukke nie) te verf en in my huisie op te hang.
5. Mooi maak. Dit sluit die bogenoemde dinge ook in. Ek is gek na mooi maak en die estetiese waarde van 'n item geniet altyd voorkeur by my (bo bruikbaarheid!!!). Dit is ook een van die belangrikste kriteria as ek besluit of ek die item moet koop of nie. As dit mooi is (veral Frans of "arty"), dan koop ek dit. Ek hou daarvan om myself te omring met mooi goed- veral ou dinge uit vervloë se dae. Ornamente van my oumas en kosbare dinge uit vorige eeue.
6. Mooi musiek. Daar is niks so mooi soos 'n mooi stem nie. Ek kan my verluister aan mooi sang en musiek.
7. Make-up. Ek is gek oor make-up. Dis vir my so lekker om my gesig met make-up in te kleur (al is ek soms lui om dit te doen) nie. En net so lekker om nuwes te gaan uitsoek.
8. Perde. Is daar nou mooier diere as hulle?
9. Die see en eilande. Daardie leefstyl is net ongelooflik aantreklik. Die verskillende skakerings van blou maak my so opgewonde. Die verskillende soorte tropiese blomme soos hibuskusse. Rooies, oranje, helder pienk... daar is net nie einde aan hul skoonheid nie.
10. Plaasdiere. Ek is mal oor plaasdiere: van donkies, perde, beeste... tot hoenders! Hulle almal bekoor my ewe veel!

Wednesday, May 4, 2011
Foute en Spyte
Het jy al ooit 'n baie dom, maar eerlike ding in jou lewe gedoen?
Ek het so drie weke gelede so iets oorgekom. Ek gaan nie sê wat die "ding" is en wie die hoofrol daarin speel nie- netnou word my blog ook vermy soos die pes.
Ek is 'n naïewe, goed-gelowige persoon. Ek sien 'n potensiële vriend(in) in almal wat ek ontmoet. En die ergste van alles: ek sien die goeie in mense en verwag boonop die beste en goeie in almal. Maar hoe verkeerd kan mens nie soms wees nie?
Vooroordeel. Dis 'n werkliheid in die mensdom se samestelling en bestaan. Die gesegde wat lui "Woorde wek, maar voorbeelde trek" is hier van toepassing. Wat maak dit saak wat jou opinie oor dinge en gebeure in die wêreld is? Wat wel saak maak is voorbeelde, ons lewens wat ons lei hier op aarde. Dis die dinge wat van jou maak wie jy is. Die deurslaggewende maatstaf is om te kyk hoe ons teenoor dinge en sake in ons wêreld optree.
Gelukkig in my geval, maak dit nie saak wat mense van my dink, sê en hulle vooroordeel teenoor my nie. Wat saak maak is hoe die enigste, ware God my sien. En dit is: ek is Sy kind en al my sondes is my alreeds vergewe.
Al behandel mense jou volgens hul eie vooroordele. En al dink hulle hul het die mag en reg om jou te veroordeel asof hulle geen sondes het nie

Monday, September 13, 2010
Masjien
Deesdae voel ek soos 'n masjien wat net voort beweeg ongeag wat. Elke dag is maar net nog 'n dag wat ek moet deurleef en voort beweeg. Elke beweging voel meganies- my liggaam staan in die oggend op want dit moet gaan werk, ek eet maar so bietjie-bietjie want ek moet. Binne is soos 'n leë huis. Die veiligste plek vir die masjien is in 'n bubble- waar niks en niemand bestaan nie. Net die stilte.
Subscribe to:
Posts (Atom)