Friday, October 12, 2012

Storieboeke, Storieboek karakters en Skrywers




Ek sit vandag en dink aan al die mooi storieboeke wat ek al gelees het. Ek is mos nou maar net 'n sucker vir 'n mooi verhaal. Menslike verhale: foute, spyte, vreugdes en drome. Elke mens het al hierdie goed beleef.

Om terug te kom by storieboek karakters. Wat as hulle net vir een dag werklik kon word? Wie sal jy graag wil ontmoet en hoekom?


Ek sal eerstens vir Lizzy Bennet van Pride and Predjudice wil ontmoet. Hoekom? Sy is absoluut die coolste meisie in letterkunde! Sy het nie net getrou vir geld nie. En liefde is vir haar die belangrikste aspek in die huwelik. En toe slaan sy die jackpot met Mr Darcy!! En dan ook die aantreklike Mr Darcy. Ek het die jaar 'n boek gelees wat Pride and Prejudice vertel, maar uit Darcy se perspektief as hoofkarakter. Die boek is Darcy's Story deur Janet Aylmer. Dit is so 'n vars alternatief en Pride and Prejudice fans sal die boek baie waardeer! Emma van Emma is ook nie baie ver agter Lizzie Bennet nie!

Tweedens sal ek vir Noah en Ellie van The Notebook wil ontmoet. Hulle is 'n ongelooflike paartjie- maak nie saak hoe swaar die omstandighede nie- hulle is mekaar se enigste.

Ek sal ook graag die skryfster Jane Austen wil ontmoet. Sy het geglo vroue kan leef van hulle eie geld, hul trou nie net vir geld nie, maar vir liefde.

Desember verlede jaar het ek die Hunger Games reeks van Suzanne Collins gelees. Dis was aan die begin vreemd, maar die verhaal het my baie gou ingetrek en vreeslik fassineer. Katniss Everdeen is sowaar 'n karakter wat ek nie sommer sal vergeet nie. Sy is dapper en laat nie toe dat die Capitol haar onder kry nie. Sy het tog ook deernis vir haar medemens soos gesien uit haar vriendskap met Rue in die arena gedurende die spele. Hierdie reeks het my baie laat dink (omtrent alle boeke laat my dink, al is die estetiese funksie van literatuur nie om die samelewing noodwendig 'n les te leer nie). Ek het nog soveel om voor dankbaar te wees, ons leef soos konings teen die inwoners van Distrik 12. Ek waardeer nou weer my warm bed en heerlike etes wat ek elke dag kan nuttig.

Ek het ook Chris Karstens se Abel-trilogie (Abel se Ontwaking, Abel se Lot en Die Afreis van Abel Lotz) gelees. Hierdie is ook 'n karakter wat ek nie gou sal vergeet nie- al wil ek. Abel is 'n reeksmoordenaar wat wegkom met moord (sover!). Hierdie boeke is boeiend vir die leser wat belangstel in kriminologie of die sielkunde. Alhoewel dit nie 'n sielkunde handboek is nie, kry die leser nogal 'n idee van wat binne in die moordenaar se koppe aangaan. Jy kry so kykie in die werking van hierdie mense se koppe. Ek wil nie vir Abel ontmoet nie, maar hierdie boeke is so fantasties geskryf- ek moes daaroor skryf. Chris Karsten is een van Afrikaans se beste skrywers- en dis nie net ek wat so sê nie. Nie vir die sensitiewe leser nie!

Steve Hofmeyer het vir my nuwe betekenis gekry: as skrywer en nie as sanger nie. Sy boek Verste uur het ek baie geniet en kon nie die boek neersit voor dit klaar was nie. Hier bly die karakters my nie soseer by nie, maar wel die storie self en hoe die boek geskryf is. Ek hou van die wetenskapfiksie element van "time-traveling" gekombineer met musiek geskiedenis. Die wyse waarop die hede (die student wat 'n fisika werkstuk moet doen) vervleg is met die verlede (die professor se briewe aan sy vrou) en die toekoms (hoe die toekoms onherroeplik kon verander deur net een klein "foutjie") asook die musiekgeskiedenis van die komponis. Ek het hierdie boek baie geniet en ek glo Steve kan vir Afrikaanse letterkunde nog 'n baie groot bydra maak. 

Ek het ook die jaar (2012) Swartskaap van Odette Schoeman gelees. Sjoe, dit het my regtig aan gegryp. Ek kon nie hierdie boek neersit nie! Die hoofkarakter, Claudie Thompson en haar boeties en sussies leef in haglike toestande. Hulle beleef aaklige, hartseer dinge. Hulle gesinslewe kan mens nie eers oor praat nie (gaan lees die boek anders gee ek die hele storie nou weg!). Maar tog maak Claudie 'n sukses van haar lewe, al is daar wonde en skade aan haar. Sy is ook 'n karakter om te ontmoet!

Die laaste boek of "karakter" wat ek graag sal wil ontmoet, is Lori Smith. Sy het die boek A walk with Jane Austen geskryf. Dit is baie outobiografies, want Lori is die hoofkarakter in haar eie boek. Sy is depressief en ongelukkig en 'n baie groot fan van Jane Austen. Sy besluit om 'n breek te neem en Engeland toe te reis. Daar gaan besoek sy al die plekke waar Jane Austen geleef en gewoon het. Sy vertel ook Jane Austen se geskiedenis. Hierdie boek was vir my baie besonders: Lori se reis om haarself te ontdek deur 'n in-diepte navorsing oor haar gunsteling skryfster. Die boek sal my nog baie lank by bly en 'n moet vir al die Jane Austen Fans.

Die jaar het nog so twee maande oor- dalk kan ek nog so paar onvergeetlike karakters ontmoet in die wonder wêreld van woorde :-)

Merrylegs





No comments:

Post a Comment