Monday, September 13, 2010

Masjien

Deesdae voel ek soos 'n masjien wat net voort beweeg ongeag wat. Elke dag is maar net nog 'n dag wat ek moet deurleef en voort beweeg. Elke beweging voel meganies- my liggaam staan in die oggend op want dit moet gaan werk, ek eet maar so bietjie-bietjie want ek moet. Binne is soos 'n leƫ huis. Die veiligste plek vir die masjien is in 'n bubble- waar niks en niemand bestaan nie. Net die stilte.

No comments:

Post a Comment