My gunsteling dinge. Dit is daardie dinge wat jou hart warm laat klop, jou opgewonde maak en wat die lewe lekker en interessant maak. Vandag is ek net lus om weer na te dink oor alles wat my aardse lewe 'n fees maak.
1. My man. Ek is 'n maand gelede (8 Oktober) getroud. Dit is sowaar feeste! Hy is die aantreklikste, dierbaarste man ooit. En ek is baie lief vir hom.
2. My ouers en broer. Julle is die my steunpilare - ek weet nie hoe sou my lewe wees sonder julle nie. Ek is baie lief vir julle.
3. Boeke. Boeke is my hartklop. Ek kan ure na boeke sit en kyk, deur biblioteke en boekwinkels stap en net kyk. Ek versamel boeke- dit is die lekkerste gevoel om 'n nuwe boek te koop en dit by die res van my versameling te gaan pak. Dan voel ek wraggies soos 'n multi-miljoenêr!
4. Franse dekor. Die ouwêreldse gevoel wat Franse meubels en style gee, is vir my onweerstaanbaar en dit spreek werklik tot my siel.
4. Kuns en handwerk. Ek is mal daaroor om my eie skilderye (al is hulle nog nie meesterstukke nie) te verf en in my huisie op te hang.
5. Mooi maak. Dit sluit die bogenoemde dinge ook in. Ek is gek na mooi maak en die estetiese waarde van 'n item geniet altyd voorkeur by my (bo bruikbaarheid!!!). Dit is ook een van die belangrikste kriteria as ek besluit of ek die item moet koop of nie. As dit mooi is (veral Frans of "arty"), dan koop ek dit. Ek hou daarvan om myself te omring met mooi goed- veral ou dinge uit vervloë se dae. Ornamente van my oumas en kosbare dinge uit vorige eeue.
6. Mooi musiek. Daar is niks so mooi soos 'n mooi stem nie. Ek kan my verluister aan mooi sang en musiek.
7. Make-up. Ek is gek oor make-up. Dis vir my so lekker om my gesig met make-up in te kleur (al is ek soms lui om dit te doen) nie. En net so lekker om nuwes te gaan uitsoek.
8. Perde. Is daar nou mooier diere as hulle?
9. Die see en eilande. Daardie leefstyl is net ongelooflik aantreklik. Die verskillende skakerings van blou maak my so opgewonde. Die verskillende soorte tropiese blomme soos hibuskusse. Rooies, oranje, helder pienk... daar is net nie einde aan hul skoonheid nie.
10. Plaasdiere. Ek is mal oor plaasdiere: van donkies, perde, beeste... tot hoenders! Hulle almal bekoor my ewe veel!
Monday, November 7, 2011
Wednesday, May 4, 2011
Foute en Spyte
Het jy al ooit 'n baie dom, maar eerlike ding in jou lewe gedoen?
Ek het so drie weke gelede so iets oorgekom. Ek gaan nie sê wat die "ding" is en wie die hoofrol daarin speel nie- netnou word my blog ook vermy soos die pes.
Ek is 'n naïewe, goed-gelowige persoon. Ek sien 'n potensiële vriend(in) in almal wat ek ontmoet. En die ergste van alles: ek sien die goeie in mense en verwag boonop die beste en goeie in almal. Maar hoe verkeerd kan mens nie soms wees nie?
Vooroordeel. Dis 'n werkliheid in die mensdom se samestelling en bestaan. Die gesegde wat lui "Woorde wek, maar voorbeelde trek" is hier van toepassing. Wat maak dit saak wat jou opinie oor dinge en gebeure in die wêreld is? Wat wel saak maak is voorbeelde, ons lewens wat ons lei hier op aarde. Dis die dinge wat van jou maak wie jy is. Die deurslaggewende maatstaf is om te kyk hoe ons teenoor dinge en sake in ons wêreld optree.
Gelukkig in my geval, maak dit nie saak wat mense van my dink, sê en hulle vooroordeel teenoor my nie. Wat saak maak is hoe die enigste, ware God my sien. En dit is: ek is Sy kind en al my sondes is my alreeds vergewe.
Al behandel mense jou volgens hul eie vooroordele. En al dink hulle hul het die mag en reg om jou te veroordeel asof hulle geen sondes het nie

Subscribe to:
Posts (Atom)